Sunday 10 March 2013


Boere Vetkoek

_
Bestandele
DEEG
4 Koppies meel     (1kg)
2 Koppies  Lou Water  (500ml)
1 tlp sout
2 Eetlepels olie   (50ml)
1 pakkie kits gis  (10g)
Olie om in  te bak
Eetlepel  Suiker

Sif  meel ,suiker ,sout en gis saam
Voeg olie en lou water saam
Meng  olie mengsel by  die meel mengsel  en knie tot sagte gladde deeg
Indien deeg nog klouerig is  besprinkle met meel
Laat rus vir 15 minute en knie weer af.
Bedek deeg  en laat staan uitrys vir omtrent  30 minute
Bak in n matige olie tot goud bruin
Lewer sowat  16 vetkoeke
Vulsel
500 gram maal vleis
1 koppie gekapte uie
1 teelepel  BBQ speserye
1 koppie gemengde groente
2 med aartapels in blokies  gesny
1 eetlepel  Minestrome sop
1 koppie water
Sout en pepper na smaak

Braai uie tot sag en deurskynend  voeg BBQ by en roer goed in
Voeg  maalvleis by en braai tot bruin
Voeg  gemengde groente en aartapels en verlaag hitte
Meng sop met water  en voeg by die maalvleis
Voeg sout by en laat kook  tot aartapels sag is roer gereeld om te voorkom laat dit brand

Bedien met vetkoek

1 comment: