Tuesday 12 March 2013





Malva Poeding

Poeding
200g wit suiker
2 eiers
15g appelkooskonfyt
150g koekmeel
5g koeksoda
knippie sout
15g botter, gesmelt
1t wit asyn
100 ml melk

Sous

200ml room
100g botter
150g wit suiker
100ml melk`

Klits die suiker en eiers saam en meng die konfyt by.
Sif die meel, koeksoda en sout saam. Meng die botter en asyn.
Meng die botter en eiermengsel, roer die melk in en vou dan die droë bestandele in.
Meng en gooi in ‘n gesmeerde tertbak. Bak by 160ºC vir 35 – 40 minute.
Kombineer al die sousbestandele oor medium hitte en roer om die suiker op te los.
Bring tot kookpunt en gooi oor die poeding wanneer dit uit die oond uit kom (druk gaatjies in met ‘n sosatiestokkie sodat die sous kan intrek)


No comments:

Post a Comment